HIV and AIDS Charter in Afrikaans
Thursday, 10 March 2005

AANHEF

In die lig van:

  • die huidige diskriminasie teen persone met VIGS of MIV, en teen hulle metgeselle, families en versorgers;
  • die gevaar dat die groei van die epidemie in Suid-Afrika sal lei tot 'n toename in onregverdige en irrasionele behandeling van diegene wat deur VIGS en MIV geraak word;
  • die wenslikheid daarvan dat alle Suid-Afrikaners 'n groter bewussyn en kennis van VIGS en MIV ontwikkel; en
  • die noodsaak aan gesamentlike optrede deur alle Suid-Afrikaners om die verspreiding van MIV te stuit,sit hierdie handves die basiese regte, asook sekere verpligtinge, uiteen waaroor alle mense beskik of wat hulle behoort te geniet, en wat nie ontneem mag word van persone met MIV of VIGS nie.

1 VRYHEID, SELFSTANDIGHEID, PERSOONLIKE SEKURITEIT EN VRYHEID VAN BEWEGING

 

1.1 Persone met MIV of VIGS het dieselfde regte op vryheid en selfstandigheid, persoonlike sekuriteit en vryheid van beweging as die res van die bevolking.

1.2 Geen beperking moet geplaas word op die vrye beweging van persone binne en tussen verskillende state op grond van MIV of VIGS nie.

1.3 Skeiding, afsondering of kwarantyn van persone in tronke, skole, hospitale of elders bloot op grond van VIGS of MIV is onaanvaarbaar.

1.4 Persone met MIV of VIGS is geregtig op selfstandige besluite oor trou en kinders kry, alhoewel oorligting en berading oor die gevolge van hulle besluite vooraf verskaf moet word.

2 VERTROULIKHEID EN PRIVAATHEID

 

2.1 Persone met MIV of VIGS het die reg op vertroulikheid en privaatheid wat betref hulle gesondheid en MIV-status.

2.2 Inligting oor 'n persoon se MIV-status mag nie bekend gemaak word, behalwe as dit deur die wet vereis word, sonder die betrokke persoon se toestemming nie, en na die dood, nie sonder die toestemming van sy of haar familie of metgesel nie, behalwe in gevalle waar 'n identifiseerbare individu se ewensbelange sonder twyfel bedreig of minag word.

3 TOETSE

 

3.1 MIV-teenliggaamtoetse mag slegs gedoen word wanneer ongedwonge en ingeligte toestemming verkry is, behalwe in geval van ongekoppelde, naamlose epidemiologiese toetsprogramme.

3.2 Naamlose en vertroulike MIV-teenliggaamtoetse met berading daarvoor en daarna moet vir almal beskikbaar wees.

3.3 Persone wat MIV-positief toets, moet toegang hˆ tot deurlopende ondersteuning en gesondheidsdienste.

4 ONDERRIG OOR VIGS EN MIV

 

4.1 Alle persone het die reg op behoorlike onderrig en volledige inligting oor MIV en VIGS, asook die reg op volle toegang tot, en inligting, oor voorsorgmaatreêls.

4.2 Openbare onderrig met die spesifieke doel om diskriminasie teen persone met MIV en VIGS uit te skakel, moet verskaf word.

5 WERK

 

5.1 MIV moet nie die grondslag van toetse voor indiensname, of van weiering van indiensname van enige persoon wees nie.

5.2 MIV of VIGS regverdig nie opsigself be‰indiging van indiensname, afgradering, oorplasing of diskriminasie by die werksplek nie.

5.3 Die blote feit dat 'n werknemer MIV-positief is, of VIGS het, hoef nie aan die werkgewer bekendgemaak te word nie.

5.4 Daar bestaan geen dwangbevel of magtiging waarvolgens daar van bestaande werknemers verwag kan word om MIV-toetse te ondergaan nie.

5.5 Inligting en onderrig oor MIV en VIGS, asook toegang tot berading, moet verskaf te word in die werksplek na behoorlike konsultasie met verteenwoordigers van die werksgroepe.

6 GESONDHEID- EN ONDERSTEUNINGSDIENSTE

 

6.1 Persone met MIV of VIGS het die reg op behuising, kos, sosiale sekuriteit, mediese bystand en welsyn gelykstaande aan alle lede van ons samelewing.

6.2 Redelike verblyf in openbare dienste en fasiliteite moet verskaf word aan diegene wat deur MIV en VIGS geaffekteer is.

6.3 Die bron van 'n persoon se infeksie mag nie die basis wees van diskriminasie by die verskaffing van gesondheidsdienste, fasiliteite of medikasie nie.

6.4 MIV of VIGS moet nie 'n basis skep vir diskriminasie deur mediese fondse en dienste nie.

7 MEDIA

 

7.1 Persone met MIV of VIGS het die reg om regverdig behandel te word deur die media, met die inagneming van sy/haar reg op privaatheid en vertroulikheid.

7.2 Die publiek het die reg om ingelig te wees en om gebalanseerde dekking of aanbieding of inligting en onderrig te kry oor MIV en VIGS

8 VERSEKERING

 

Persone met MIV en VIGS en diegene wat moontlike risikogevalle is, moet beskerm word teen arbitrˆre diskriminasie wanneer versekeringsaangeleenthede ter sprake is.

9 GESLAG EN SEKSUELE MAATS

 

9.1 Alle persone het die reg om daarop aan te dring dat hulle of hulle seksmaat die nodige voorsorgmaatre‰ls tref om die oordrag van MIV te verhoed.

9.2 Die besondere weerlose posisie van vroue in hierdie verband moet erken en aangespreek word, so ook die weerlose posisie van die jeug en kinders.

10 GEVANGENES

 

10.1 Gevangenes met MIV moet dieselfde standaard behandeling en sorg kry as ander gevangenes.

10.2 Gevangenes met VIGS moet toegang tot spesiale sorg hê wat gelykstaande is aan die‚ van ander gevangenes wat ernstig siek is.

10.3 Gevangenes moet dieselfde toegang tot onderrig, inligting en voorsorgmaatreêls hê as die res van die bevolking.

11 GELYKE BESKERMING DEUR DIE REG EN TOEGANG TOT OPENBARE VOORDELE

 

11.1 Persone met VIGS en MIV moet gelyke toegang hˆ tot openbare voordele en geleenthede, en MIV-toetse moet nie as voorwaarde gestel word om hierdie voordele te geniet nie.

11.2 Openbare maatreels moet aanvaar word om mense met MIV of VIGS te beskerm teen diskriminasie ten opsigte van die werksplek, behuising, onderrig, kindersorg en die verskaffing van mediese, sosiale en welsynsdienste.

12 VERPLIGTINGE VAN PERSONE MET MIV OF VIGS

 

Persone met MIV of VIGS het die verpligting om die regte, gesondheid en fisiese integriteit van andere te respekteer en om die nodige stappe te neem om dit, waar nodig, te verseker.

Designed and Maintained by | 3rd Millenium Solutions |